Preseminale vloeistof

Preseminale vloeistof op die eikel van ’n besnyde penis.

Preseminale vloeistof of pre-ejakulaat (informele Engels: pre-cum; Nederlands: voorsaad) is die helder, kleurlose en taai vloeistof wat deur die uretra (urinebuis) van die menslike penis uitgeskei word wanneer ’n man seksueel geprikkel is. Dit het dieselfde samestelling as semen, maar daar is aansienlike chemiese verskille.

Preseminale vloeistof dien vermoedelik as smeermiddel en neutraliseer suur. Die hoeveelheid vloeistof wissel grootliks van man tot man; sommige het geen preseminale vloeistof nie. Verskillende menings bestaan oor of dit sperma bevat.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne